Danie Botha

en Vriende

Wil jy graag as sanger op Danie Botha se volgende ateljee album verskyn? Gebruik hierdie geleentheid as ‘n platform om jou sangbediening verder uit te brei.

Hoe werk dit?

Makliker blootstelling vir jou as sanger

Ons almal weet hoe moeilik dit is om jou pad oop te veg as sanger in die bedryf. Jy het nie net ‘n goeie, professionele album nodig nie, maar ook die regte platform om vanaf te loods.

Boonop sal ‘n kompleet album jou ‘n plaas se prys kos, voordat jy weet of dit suksesvol gaan wees en enige opbrengs op jou belegging sal maak.

Dit sal dus vir jou makliker en vinniger wees om so samestelling album in die hand te he vir blootstelling en ‘n inkomste deur verkope.

Nie net dit nie, maar orals waar Danie asook al die ander vriende (sangers op die album soos jy) optree en albums verkoop gaan jou naam en bediening uit gaan.

Jy kan dus van hierdie geleentheid gebruik maak om waarde te bring met jou sang in ‘n wyer mark.

Ons voorsien dat diegene wat betrokke is op hierdie album ‘n gulde geleentheid gaan kry om hulle sangloopbaan te bevorder.

Daar is beperkte plekke op die album. Registreer dus so gou moontlik.

Ettienne Lane – Song Evolution

Danie en Vriende

15 Lied Album

Vrystelling in Mei 2020

Beperkte plekke beskikbaar

woman standing front of microphone

WAT ONTVANG JY?

Professionele Lied

Jou eie lied met top gehalte musiekproduksie.

Stemopname

Neem by 'n ateljee op in jou omgewing.

Album in jou hand

Koop albums teen R40 aan en herverkoop dit teen 'n wins.

Bemarking

Ontvang blootstelling deur ander kunstenaars se optredes en albumverkope.

Webwerf

Ontvang jou eie webwerf met aanlynwinkel.

Gratis Kursus

Leer hoe om ‘n inkomste te maak uit die musiekbedryf uit.

Gratis Kursus

Hoe om 'n voltydse bestaan uit die musiekbedryf te maak sonder 'n platekontrak.

Hierdie kursus is joune selfs al kan jy nie deel wees van die album nie.

Al wat jy moet doen is om te registreer vir meer info aan die onderkant van hierdie bladsy.

Wat gaan jy leer in hierdie kursus?

Hoekom platekontrakte van die swakste kontrakte ooit is en hoekom dit goeie nuus is vir jou en jou inkomste.

Waar om jou perfekte gehoor te vind en hoe om hulle jou volgelinge te maak.

Hoe om jou eie webwerf (met aanlyn winkel) op te stel en al die wins in jou sak te druk.

Hoe om voete by jou webwerf te kry sonder om enige geld te spandeer op bemarking.

Die rol van sosiale media en hoe jy dit tot jou voordeel kan gebruik om aanhoudende maandelikse verkope te kry.

Die geheim wat van die suskesvolste mense gebruik om meer verkope te kry en hoe om dit net so toe te pas op jou musiekloopbaan.

Hoekom sommige dit so groot maak op YouTube en hoe jy hulle strategie kan volg.

person showing brown gift box

WAT SE DANIE?

Hi daar julle,

Sjoe, ek sien uit om saam met julle aan so lekker projek te werk.

Ett is ’n uitstekende muso, so dit sal net vet pret wees.

Kom ons sit ons musiek note bymekaar en ons verheerlik die Here se naam.

Ek sien baie uit daarna.

Seen vir julle almal en dankie vir julle insette.

Shalom.

Danie Botha

Wat is die koste om op Danie en Vriende te verskyn?

DANIE EN VRIENDE

Ons wil dit vir jou so maklik as moontlik maak om deel te wees van Danie en Vriende sonder om enige groot uitgawe aan te gaan.

Jy gaan dus die opsie he om ‘n Skarefinansierings Veldtog te hardloop op Song Evolution. Ons skep vir jou ‘n bladsy soos hierdie en jy deel dit met familie en vriende.

Jou familie en vriende plaas dan voorafbestellings vir Danie en Vriende albums totdat die teiken bedrag bereik is wat jy benodig.

Danie EN VRIENDE.

Vul jou besonderhede hier onder in as jy belangstel om deel te wees van Danie en Vriende.

Jy sal vandag reeds jou gratis kursus en webwerf ontvang selfs al is jou deelname nognie bevestig nie.

Daar is ‘n beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar op die album. Registreer dus jou plek so gou moontlik voordat al die plekke gevul is.

[mailpoet_form id="2"]

Deur te registreer beteken jy stem saam met ons Samestelling Albums se Termes en Voorwaardes

Vrae wat gereeld gevra word

Hoe werk die musiekproduksie en opname proses?
  • Na jou deelname op die album bevestig is (per e-pos), sal ons vir jou ‘n skedule stuur van wanneer jou musiekproduksie, stemopname en vermenging sal geskied.
  • Die eerste stap sal wees om jou selfgeskrewe lied of ‘cover song’ vir ons te stuur.
  • Daarna sal ons bespreek hoe jou musiek se verwerking moet klink, waarna jou musiek gemaak sal word.
  • Hierna word jou stem opgeneem, by ‘n ateljee van ons keuse die naaste aan jou woonarea, waarna die agtergrond stemme bygesit word.
  • Die finale vermenging en meester van jou lied sal die laaste stap wees.
Hoe word die koste van jou lied se produksie gedek?
  • Jou beste opsie is d.m.v. ‘n Skarefinansierings Veldtog. Jou vriende en familie plaas 50 voorafbestellings van Danie en Vriende teen R120 elk totdat die teiken van R6000 bereik is.
  • Ons sal ook vir jou ‘n e-pos stuur met ander goedkoper opsies indien jy eerder self jou lied se koste wou afbetaal.
Hoekom is jou Skarefinansiering se bedrag hoër?
  • Mense bestel aanlyn albums (om jou te ondersteun) en daar is beide ‘n Payment Gateway (Payfast) fooi asook tantieme (royalties) wat aan uitgewers/liedskrywers van ‘cover songs’ addisioneel betaal moet word.
  • As jy self vir jou lied betaal, is die bogenoemde addisionele koste nie daar nie, omdat daar nie enige albumverkope was nie.
Hoe word jou lied bemark?

Eenmalige aanvanklike bemarking:

  • Na die voltooing van die album sal die hoofkunstenaar elke individuele lied van elke sanger op sy Facebook “post” met ‘n skakel na jou webwerf of sosiale profiel.

Deurlopende langtermyn bemarking:

  • Elke album wat deur die hoofkunstenaar of vriende op album bemark en verkoop word sal jou besonderhede (webwerf, sosiale profiel, kontakbesonderhede ens.) bevat.

Selfbemarking:

  • Met ons gratis kursus wat jy ontvang, leer ons jou ‘n effektiewe metode om vir jouself ‘n ‘following’ op te bou en ‘n inkomste te maak daardeur. 

 

Winsverdeling en verkope?
  • Ons wil die proses graag eenvoudig hou en het sodoende besluit dat elke kunstenaar die profyt kan hou wat hulle maak op enige CD’s wat hulle self uit die hand uit verkoop.
  • As jy meer as 50 digitale albums op jou Crowdfunding Campaign verkoop sal daar ‘n winsverdeling wees waar jy 60% van die addisionele albums se wins kan hou na PayFast se fooi van 2 – 4.5% (afhangende) en tantieme van ‘cover songs’ afgetrek is.
  • Ons gaan ook ‘n aanlynwinkel he waarheen jy mense kan stuur (met jou affiliate link) na die album voltooi is waar jy ook 60% wins sal maak (na aftrekkings) op verkope van mense wat jy daarheen stuur.
Moet jy self 'n lied skryf?
  • Jy kan self ‘n lied skryf of ‘n ‘cover song’ sing. Let wel, dat ons en Danie alle liede sal goedkeur vir kwaliteitsdoeleindes.
  • Alle liede en verwerkings sal ook in dieselfde styl as Danie se musiek gedoen word.