Dudley Mans

en Vriende

Wil jy graag as sanger op Dudley Mans se volgende ateljee album verskyn?

Dudley het deur die jare vir homself ‘n platform met  ondersteuners opgebou met onder andere suksesvolle liede soos Wildehart en Ek Ken ‘n Naam.

Jy kan nou ook hierdie geleentheid as platform gebruik om jou sangbediening verder uit te brei.

 

Hoe werk dit?

Makliker blootstelling vir jou as sanger

Ons almal weet hoe moeilik dit is om jou pad oop te veg as sanger in die bedryf. Jy het nie net ‘n goeie, professionele album nodig nie, maar ook die regte platform om vanaf te loods.

Boonop sal ‘n kompleet album jou ‘n plaas se prys kos, voordat jy weet of dit suksesvol gaan wees en enige opbrengs op jou belegging sal maak.

Dit sal dus vir jou makliker en vinniger wees om so samestelling album in die hand te he vir blootstelling en ‘n inkomste deur verkope.

Nie net dit nie, maar orals waar Dudley asook al die ander vriende (sangers op die album soos jy) optree en albums verkoop gaan jou naam en bediening uit gaan.

Jy kan dus van hierdie geleentheid gebruik maak om waarde te bring met jou sang in ‘n wyer mark.

Ons voorsien dat diegene wat betrokke is op hierdie album ‘n gulde geleentheid gaan kry om hulle sangloopbaan te bevorder.

Daar is beperkte plekke op die album. Registreer dus so gou moontlik.

Ettienne Lane van Song Evolution

Dudley en Vriende

15 Lied Album

Vrystelling in Mei 2020

Beperkte plekke beskikbaar

woman standing front of microphone

WAT ONTVANG JY?

Professionele Lied

Jou eie lied met top gehalte musiekproduksie.

Stemopname

Neem by 'n ateljee op in jou omgewing.

Album in jou hand

Koop albums teen R40 aan en herverkoop dit teen 'n wins.

Bemarking

Ontvang blootstelling deur ander kunstenaars se optredes en albumverkope.

Webwerf

Ontvang jou eie webwerf met aanlynwinkel.

Gratis Kursus

Leer hoe om ‘n inkomste te maak uit die musiekbedryf uit.

Gratis Kursus

Hoe om 'n voltydse bestaan uit die musiekbedryf te maak sonder 'n platekontrak.

Hierdie kursus is joune selfs al kan jy nie deel wees van die album nie.

Al wat jy moet doen is om te registreer vir meer info aan die onderkant van hierdie bladsy.

Wat gaan jy leer in hierdie kursus?

Hoekom platekontrakte van die swakste kontrakte ooit is en hoekom dit goeie nuus is vir jou en jou inkomste.

Waar om jou perfekte gehoor te vind en hoe om hulle jou volgelinge te maak.

Hoe om jou eie webwerf (met aanlyn winkel) op te stel en al die wins in jou sak te druk.

Hoe om voete by jou webwerf te kry sonder om enige geld te spandeer op bemarking.

Die rol van sosiale media en hoe jy dit tot jou voordeel kan gebruik om aanhoudende maandelikse verkope te kry.

Die geheim wat van die suskesvolste mense gebruik om meer verkope te kry en hoe om dit net so toe te pas op jou musiekloopbaan.

Hoekom sommige dit so groot maak op YouTube en hoe jy hulle strategie kan volg.

person showing brown gift box

WAT SE DUDLEY?

Sou jy jou sang talent as net ’n roeping sien en of jy dit graag ’n beroep wil maak, dink ek die mikpunt is om die twee te kombineer en te se, jy kan ’n beroep van jou roeping maak.

Ek kry gereeld oproepe van wyd en suid waar mense my vra hoe hulle die mark kan betree, en ek dink hierdie geleentheid is ideal daarvoor.

Inplaas van om ’n astronomiese bedrag uit te gee op ’n kompleet album, waar die verlede my al geleer het daar is in elk geval net 1 of 2 liede op jou album wat regtig ver gaan, is dit beter om daardie een lied te kies waarin jy al jou moeite en energie in kan sit.

Dan, die feit dat jy kragte saam met 14 ander mense span, is ’n baie goeie konsep omdat jy dadelik ’n span het wat saam met jou bemark en vir jou potensiele deure kan oopmaak.

Daar is baie klankateljees waarheen jy kan gaan en jy gaan ’n produk kry wat op ’n sekere standaard is. Ek kan wel met vrymoedigheid se dat wanneer jy betrokke is met hierdie album, jy saam met die bestes van die bestes gaan werk in die bedryf.

Ons waarborg jou ’n produksie wat op internasionale standaard is en jy sal jou lied met vrymoedigheid na enige radiostasie toe kan neem sonder om ’n sentimenter terug te staan vir enige ander sanger.

Sou jy uit ’n besigheidskonsep daarna kyk en die belegging in jouself maak, kan jy binne die eerste 50 albums wat jy verkoop jou onkoste terug maak en daarna is dit skoon wins in jou sak, of geld wat jy kan spaar vir jou solo album.

Ek dink dis ’n wonderlike konsep en is baie opgewonde om saam met jou te kan werk en sodoende nuwe talent bekend te kan maak deur hierdie album.

Dudley Mans

Wat is die koste om op Dudley en Vriende te verskyn?

DUDLEY EN VRIENDE

Ons wil dit vir jou so maklik as moontlik maak om deel te wees van Dudley en Vriende sonder om enige persoonlike uitgawe aan te gaan.

Jy gaan dus die opsie he om ‘n Skarefinansierings Veldtog te hardloop op Song Evolution. Ons skep vir jou ‘n bladsy soos hierdie en jy deel dit met familie en vriende.

Jou familie en vriende plaas dan 30 voorafbestellings vir Dudley en Vriende albums teen R150 elk.

DUDLEY EN VRIENDE.

Vul jou besonderhede hier onder in as jy belangstel om deel te wees van Dudley en Vriende.

Jy sal vandag reeds jou gratis kursus en webwerf ontvang selfs al is jou deelname nognie bevestig nie.

Daar is ‘n beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar op die album. Registreer dus jou plek so gou moontlik voordat al die plekke gevul is.

Deur te registreer beteken jy stem saam met ons Samestelling Albums se Termes en Voorwaardes

Vrae wat gereeld gevra word

Hoe werk die musiekproduksie en opname proses?
  • Na jou deelname op die album bevestig is (per e-pos), sal ons vir jou ‘n skedule stuur van wanneer jou musiekproduksie, stemopname en vermenging sal geskied.
  • Die eerste stap sal wees om jou lied te kies. Jy kan kies uit enige van Dudley se selfgeskrewe liede of ‘n lys van liede wat ons vir jou sal stuur.
  • Daarna sal ons bespreek hoe jou musiek se verwerking moet klink, waarna jou musiek gemaak sal word.
  • Hierna word jou stem opgeneem, by ‘n ateljee van ons keuse die naaste aan jou woonarea, waarna die agtergrond stemme bygesit word.
  • Die finale vermenging en meester van jou lied sal die laaste stap wees.
Hoe word die koste van jou lied se produksie gedek?
  • Jou beste opsie is d.m.v. ‘n Skarefinansierings Veldtog. Jou vriende en familie plaas 30 voorafbestellings van Dudley en Vriende teen R150 elk totdat die teiken van R4500 bereik is.
  • Jou 2de opsie is om jou lied self te finansier, afbetaalbaar oor 4 maande teen R975 per maand. Dus R3900 in totaal.
  • Jou goedkoopste opsie is om ‘n eenmalige bedrag van R3500 te betaal.
Hoekom is jou Skarefinansiering se bedrag hoër?
  • Mense bestel aanlyn albums (om jou te ondersteun) en daar is beide ‘n Payment Gateway (Payfast) fooi asook tantieme (royalties) wat aan uitgewers/liedskrywers van ‘cover songs’ addisioneel betaal moet word.
  • Wanneer jy self kontant vir jou lied betaal is die bogenoemde addisionele koste nie daar nie.
Hoe word jou lied bemark?

Eenmalige aanvanklike bemarking:

  • Na die voltooing van die album sal die hoofkunstenaar elke individuele lied van elke sanger op sy Facebook “post” met ‘n skakel na jou webwerf of sosiale profiel.

Deurlopende langtermyn bemarking:

  • Elke album wat deur die hoofkunstenaar of vriende op album bemark en verkoop word sal jou besonderhede (webwerf, sosiale profiel, kontakbesonderhede ens.) bevat.

Selfbemarking:

  • Met ons gratis kursus wat jy ontvang, leer ons jou ‘n effektiewe metode om vir jouself ‘n ‘following’ op te bou en ‘n inkomste te maak daardeur.
Winsverdeling en verkope?
  • Ons wil die proses graag eenvoudig hou en het sodoende besluit dat elke kunstenaar die profyt kan hou wat hulle maak op enige CD’s wat hulle self uit die hand uit verkoop.
  • As jy meer as 30 digitale albums op jou Crowdfunding Campaign verkoop sal daar ‘n winsverdeling wees waar jy 60% van die addisionele albums se wins kan hou na PayFast se fooi van 2 – 4.5% (afhangende) en tantieme van ‘cover songs’ afgetrek is.
  • Ons gaan ook ‘n aanlynwinkel he waarheen jy mense kan stuur (met jou affiliate link) na die album voltooi is waar jy ook 60% wins sal maak (na aftrekkings) op verkope.
Moet jy self 'n lied skryf?
  • Nee, jy kan een van Dudley se ou liede sing, of kies uit ‘n lys van liede wat ons vir jou sal stuur. Let wel, dat ons en Dudley alle liede sal goedkeur vir kwaliteitsdoeleindes.
  • Alle liede en verwerkings sal ook in dieselfde styl as Dudley se musiek moet wees.