Good News

Album

Wil jy graag jou eie oorspronklike markgerigte Gospel lied uitreik? Gebruik hierdie samestellingsalbum as ‘n platform om jou sangbediening verder uit te brei.

Die album gaan opgemaak word uit nuut geskrewe engelse liede in die Contemporary Worship Music genre.

woman praying beside tree

Hoe werk dit?

Makliker blootstelling vir jou as sanger

Ons almal weet hoe moeilik dit is om jou pad oop te veg as sanger in die bedryf. Jy het nie net ‘n goeie, professionele album nodig nie, maar ook die regte platform om vanaf te loods.

Boonop sal ‘n kompleet album jou ‘n plaas se prys kos, voordat jy weet of dit suksesvol gaan wees en enige opbrengs op jou belegging sal maak.

Dit sal dus vir jou makliker en vinniger wees om so ‘n samestellingsalbum in die hand te he vir blootstelling en ‘n inkomste deur verkope.

Nie net dit nie, maar orals waar al die ander sangers op die album soos jy optree en albums verkoop gaan jou naam en bediening uit gaan.

Jy kan dus van hierdie geleentheid gebruik maak om waarde te bring met jou sang in ‘n wyer mark.

Ons voorsien dat diegene wat betrokke is op hierdie album ‘n gulde geleentheid gaan kry om hulle sangloopbaan te bevorder.

Daar is beperkte plekke op die album. Registreer dus so gou moontlik.

Ettienne Lane van Song Evolution

Good News Album

15 Lied Album

Vrystelling in Mei 2020

Beperkte plekke beskikbaar

woman standing front of microphone

WAT ONTVANG JY?

Professionele Lied

Jou eie markgerigte lied, wat ons vir jou sal skryf, met top gehalte musiekproduksie en agtergrondstemme.

Stemopname

Neem by Miranda Oberholzer in Centurion op.

Album in jou hand

Koop albums teen R40 aan en herverkoop dit teen ‘n wins.

Bemarking

Ontvang blootstelling deur ander kunstenaars se optredes en albumverkope.

Webwerf

Ontvang jou eie webwerf met aanlynwinkel.

Gratis Kursus

Leer hoe om ‘n inkomste te maak uit die musiekbedryf uit deur jouself aanlyn te bemark.

Gratis Kursus

Hoe om 'n voltydse bestaan uit die musiekbedryf te maak sonder 'n platekontrak.

Hierdie kursus is joune selfs al kan jy nie deel wees van die album nie.

Al wat jy moet doen is om te registreer vir meer info aan die onderkant van hierdie bladsy.

Wat gaan jy leer in hierdie kursus?

Hoekom platekontrakte van die swakste kontrakte ooit is en hoekom dit goeie nuus is vir jou en jou inkomste.

Waar om jou perfekte gehoor te vind en hoe om hulle jou volgelinge te maak.

Hoe om jou eie webwerf (met aanlyn winkel) op te stel en al die wins in jou sak te druk.

Hoe om voete by jou webwerf te kry sonder om enige geld te spandeer op bemarking.

Die rol van sosiale media en hoe jy dit tot jou voordeel kan gebruik om aanhoudende maandelikse verkope te kry.

Die geheim wat van die suskesvolste mense gebruik om meer verkope te kry en hoe om dit net so toe te pas op jou musiekloopbaan.

Hoekom sommige dit so groot maak op YouTube en hoe jy hulle strategie kan volg.

person showing brown gift box

WAT SE MIRANDA?

Ek is opgewonde oor die vooruitsig van hierdie projek. Nie net oor die platform wat dit vir jou as sanger gaan skep nie maar ook oor die boodskap van Goeie Nuus wat dit sal uitdra in hierdie uitdagende tyd wat ons in leef.

In plaas daarvan dat jy ‘n kompleet oorspronklike album op jou eie aanpak is hierdie ‘n goeie geleentheid vir jou om deel te wees van ‘n span met dieselfde visie en op ‘n baie makliker manier die doel van ‘n album te bereik.

Nie net dit nie, maar jy kry ‘n nuwe lied, in een van die mees populere gospel genres, wat vir jou geskryf is in plaas van om ‘n cover lied uit te reik wat reeds orals bekend is en deur almal gesing is.

Buiten dit alles, bied hierdie geleentheid jou ook die kennis en toerusting om jou sang nog ‘n stap verder te neem deur jou te leer hoe om dit in die musiekbedryf te maak.

My hart is beide dat Sy Woord d.m.v. musiek sal uit gaan om ander te bemoedig asook dat hierdie vir jou ‘n platform sal skep om vorentoe te beweeg met jou sangbediening.

Miranda Engelbrecht

Wat is die koste om op die album te verskyn?

GOOD NEWS Album

Ons wil dit vir jou so maklik as moontlik maak om deel te wees van die Good News Album sonder om enige groot uitgawe aan te gaan.

Jy gaan dus die opsie he om ‘n Skarefinansierings Veldtog te hardloop op Song Evolution. Ons skep vir jou ‘n bladsy soos hierdie en jy deel dit met familie en vriende.

Jou familie en vriende plaas dan voorafbestellings vir die Good News Albums totdat die teiken wat jy benodig bereik is.

GOOD NEWS ALBUM.

Vul jou besonderhede hier onder in as jy belangstel om deel te wees van die Good News Album.

Jy sal vandag reeds jou gratis kursus en webwerf ontvang selfs al is jou deelname nognie bevestig nie.

Daar is ‘n beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar op die album. Registreer dus jou plek so gou moontlik voordat al die plekke gevul is.

Deur te registreer beteken jy stem saam met ons Samestelling Albums se Termes en Voorwaardes

Vrae wat gereeld gevra word

Hoe werk die musiekproduksie en opname proses?
  • Na jou deelname op die album bevestig is deur die voltooiing van jou skarefinansierings veldtog, sal ons vir jou ‘n skedule stuur van wanneer jou musiekproduksie, stemopname en vermenging sal geskied.
  • Die eerste stap sal wees dat ons jou lied vir jou skryf.
  • Daarna sal ons bespreek hoe jou musiek se verwerking moet klink, waarna jou musiek gemaak sal word.
  • Hierna word jou stem opgeneem by Miranda waarna die agtergrond stemme bygesit word.
  • Die finale vermenging en meester van jou lied sal die laaste stap wees.
Hoe word die koste van jou lied se produksie gedek?
  • D.m.v. ‘n skarefinansierings veldtog. Jou vriende en familie plaas 26 voorafbestellings van die Good News Album teen R150 elk totdat die teiken van R3900 bereik is.
Hoe word jou lied bemark?

Deurlopende langtermyn bemarking:

  • Elke album wat deur die sangers op die album bemark en verkoop word sal jou besonderhede (webwerf, sosiale profiel, kontakbesonderhede ens.) bevat.

Selfbemarking:
 

  • Met ons gratis kursus wat jy ontvang, leer ons jou ‘n effektiewe metode om vir jouself ‘n ‘following’ op te bou en ‘n inkomste te maak daardeur.
Winsverdeling en verkope?
  • Ons wil die proses graag eenvoudig hou en het sodoende besluit dat elke kunstenaar die profyt kan hou wat hulle maak op enige CD’s wat hulle self uit die hand uit verkoop.
  • As jy meer as 26 digitale albums op jou Crowdfunding Campaign verkoop sal daar ‘n winsverdeling wees waar jy 60% van die addisionele albums se wins kan hou na PayFast se fooi van 2 – 4.5% (afhangende) afgetrek is.
  • Ons gaan ook ‘n aanlynwinkel he waarheen jy mense kan stuur (met jou affiliate link) na die album voltooi is waar jy ook 60% wins sal maak (na aftrekkings) op verkope.